Caregivers...........Versorgers - Waar staan ons?
Ons projek om opleiding van aspirant versorgers (Care givers) vir ouer persone van die grond af te kry vorder goed. Onlangse redelik intensiewe navorsing het getoon dat daar n groot behoefte aan tuisversorgers is wat aan sekere vereistes voldoen. Die belangrikste van daardie vereistes wat baie duidelik na vore gekom het is dat sulke versorgers 'n groot mate van kennis, professionaliteit, etiek en taalvaardighede moet he. Gereelde berigte oor die swak hantering van ouer persone in veral oue-tehuise het ons genoop om iets aan die saak te probeer doen deur 'n kursus beskikbaar te stel wat onder andere hierdie aspekte aanspreek. Iets anders wat ook aangespreek gaan word is die vraag : Wat maak ek nou as ek die kursus suksesvol afgehandel het ? Jy moet iewers betrokke kan raak. Daar sal gedurende die kursus tyd ingeruim word om hier ook leiding te gee. ( n formaat vir 'n behoorlike CV sal bespreek word) Vir die huidige kan ek nog nie betrokkenes se name be...